Psalms 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die HERE aangeroep met my stem, en Hy het my gehoor van sy heilige berg af. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar U, Here, is ’n skild rondom my. U herstel my eer, U lig my kop weer op. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef. |
| Afrikaans 1983 | Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar U, Here, is vir my 'n skild aan alle kante; U is my eer, en die Een wat my kop hoog hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar, Here, U is vir my soos 'n skild, U beskerm my van al die kante. U maak my belangrik, mense respekteer my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar, Here, U beskerm my van alle kante teen hulle. Hulle sal my nie in die grond in trap nie. U help my om nie die handdoek in te gooi nie. |