Psalms 29:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die stem van die HERE is oor die waters: die God van die heerlikheid donder, die HERE is oor die baie waters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stem van die Here weerklink oor die waters. Die God van heerlikheid donder. Die Here is op die magtige waters. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. |
| Afrikaans 1983 | Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stem van die Here is oor die waters, die God van heerlikheid laat dit dreun, die Here is bo die magtige waters, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal hoor die Here se stem, wanneer Hy bo die water praat, wanneer God die Koning, die Here, hard praat bo die baie water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God bo die geruis van die magtige see. Sy stem is soos die donder wat daar slaan. Hy heers oor alle magte. |