Psalms 29:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Psalm van Dawid.) Gee aan die HERE, o helde, gee aan die HERE eer en sterkte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vereer die Here, julle hemelwesens! Vereer die Here vir sy grootheid en krag! |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! |
| Afrikaans 1983 | 'n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Psalm. Van Dawid. Gee eer aan die Here, godeseuns! Gee eer aan die Here vir sy heerlikheid en krag! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Psalm van Dawid. Julle almal wat in die hemel woon, julle moet die Here prys, julle moet Hom prys, want Hy is Koning, Hy is sterk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel is. Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag en maak Hom groot. |