Psalms 28:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verlos u volk en seën u erfdeel; voed hulle ook en verhef hulle tot in ewigheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Red tog u volk en seën hulle wat aan U behoort! Wees vir hulle ’n herder en versorg hulle vir altyd. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 'n herder en dra hulle tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Red u volk en seën dié wat aan U behoort; wees vir hulle 'n herder en sorg altyd vir hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet u volk red, U moet dit goed laat gaan met die mense wat aan U behoort. U moet vir hulle die Herder wees en altyd vir hulle sorg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help u kinders, Here. Laat hulle wat aan U behoort, genoeg hê om van te leef. Sorg vir hulle soos ’n herder vir sy skape omgee. Tel hulle op en dra hulle elke dag. |