Psalms 28:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle die werke van die HERE en die werking van sy hande nie ag nie, sal Hy hulle vernietig en nie opbou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle begryp nie die Here se werk, dit wat sy hande verrig nie. Hy sal hulle afbreek en nie weer opbou nie.
Afrikaans 1933/1953 Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.
Afrikaans 1983 want hulle let nie op die dade van die Here en op die werk van sy hande nie. Daarom sal Hy hulle afbreek en nooit weer opbou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hulle nie ag slaan op die Here se dade en op sy handewerk nie, sal Hy hulle afbreek en nie opbou nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want hulle dink nie aan die dinge wat die Here doen nie, aan die dinge wat Hy gemaak het nie. Hy sal hulle laat sterf, Hy sal hulle nie laat lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want hulle sien nie raak wat die Here alles op aarde doen nie. Daarom sal Hy slegte mense se lewe verpletter. Hulle steur hulle nie aan wat Hy doen nie.