Psalms 28:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee hulle volgens hulle dade en volgens die boosheid van hulle werk; gee hulle na die werk van hulle hande; gee hulle hul woestyn terug.
Afrikaans (NLV) 2011 Straf hulle volgens wat hulle doen, volgens hulle bose praktyke. Vergoed hulle volgens hulle dade! Vergeld hulle volgens verdienste.
Afrikaans 1933/1953 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.
Afrikaans 1983 Vergeld hulle volgens hulle dade en volgens hulle skandelike gedrag. Vergeld hulle volgens die werk van hulle hande en laat hulle kry wat hulle verdien,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vergeld hulle ooreenkomstig hulle dade, hulle bose optrede; vergeld hulle vir hulle handewerk, gee hulle hulle verdiende loon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet hulle straf oor wat hulle doen, oor die slegte dinge wat hulle doen. U moet vir hulle gee wat hulle moet kry, U moet hulle straf oor wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Straf hulle vir die slegte dinge wat hulle aanvang. Laat hulle boet. Betaal hulle met gelyke munt terug vir wat hulle doen.