Psalms 28:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek my nie weg saam met die goddelose en met die werkers van ongeregtigheid nie, wat vrede spreek met hulle naaste, maar onheil is in hulle harte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, met hulle wat bose dinge doen nie; wat vriendelik praat met hulle bure, maar in hulle harte is daar kwaadwilligheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart. |
| Afrikaans 1983 | Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses, die mense wat onreg doen nie. Hulle praat vriendelik met hulle bure, maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie – mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moenie vir my wegvat saam met die mense wat verkeerd doen nie, saam met die slegte mense nie. Hulle sê vir die mense naby hulle dat hulle bid dat dit goed sal gaan met hulle, maar in hulle harte bid hulle dat dit sleg sal gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moet my nie laat doodgaan saam met mense wat nie in U glo nie. Hulle doen verkeerde dinge. Hulle is skynheilig. Hulle praat mooi woordjies, maar agteraf dink hulle slegte goed uit. |