Psalms 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoor die stem van my smekinge, as ek tot U roep, as ek my hande ophef na u heilige orakel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister tog na my gebed as ek tot U roep, wanneer ek my hande uitsteek na u allerheiligste toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van u heiligdom. |
| Afrikaans 1983 | Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Luister na my smeekgebed, as ek na U om hulp roep, as ek my hande uitstrek na die heiligste deel van u heiligdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet luister wanneer ek roep en soebat dat U my moet help, wanneer ek my hande uitsteek na u gewyde binnekamer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my tog as ek by U pleit. Ek het u hulp dringend nodig. Ek lig my hande op na U in u woonplek. |