Psalms 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ('n Psalm van Dawid.) Ek roep tot U, HERE, my rots; swyg nie vir my nie, dat as jy vir my swyg, ek nie word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, ek roep na U, my Rots. Hou U nie doof vir my nie. Want as U bly swyg, sal ek wees soos hulle wat afdaal na die doderyk.
Afrikaans 1933/1953 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
Afrikaans 1983 Van Dawid. Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Dawid. Na U, Here, roep ek! My Rots, moet U nie vir my doof hou nie, sodat ek nie, wanneer U teenoor my sou swyg, word soos dié wat in die put afdaal nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van Dawid. Here, ek bid tot Ú, net tot U. U is my Rots, U moenie stilbly nie. As U my nie antwoord nie, dan sal ek sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek bid ernstig tot U, Here. U beskerm my. Moenie stilbly en my laat voel of ek teen die dak vasbid nie. As U my nie help nie, sal ek so goed soos dood wees.