Psalms 27:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verberg u aangesig nie ver van my nie; Verwyder u kneg nie in toorn nie: U was vir my tot hulp; verlaat my nie en verlaat my nie, o God van my heil!
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie U vir my verberg nie, of u dienaar in toorn verwerp nie. U was nog altyd my helper. Moenie my nou verlaat nie; moenie my in die steek laat nie, God van my verlossing!
Afrikaans 1933/1953 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
Afrikaans 1983 Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet u gesig nie vir my verberg nie, moet u dienskneg nie in toorn wegwys nie. U was my Helper, moet my nie verstoot of verlaat nie, God wat my red.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moenie keer wanneer ek U wil dien nie, U moenie vir my wegstuur nie. U het my altyd gehelp, moenie my nou los nie, moenie weggaan van my nie, want U is die God wat my red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet tog nie maak of U my nie hoor nie. Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie. U het my in die verlede gehelp. Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.