Psalms 27:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou sal my hoof opgehef word bo my vyande rondom my; daarom sal ek in sy tent vreugdeoffers bring; Ek wil sing, ja, ek wil sing tot eer van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal ek my kop hoog oplig bokant my vyande wat my omring. In sy woning sal ek offers van vreugde bring terwyl ek sing en met musiek die Here loof. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom is my kop hoog bo my vyande rondom my. Ek wil met uitroepe van vreugde offers bring in sy tent, ek wil sing, ek wil die Here besing. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom, ek sal wen teen my vyande rondom my, en ek sal juig en offers bring in sy tempel, ek sal sing en musiek maak vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom wil ek Hom aanbid en vir Hom dankie sê deur liedere te sing saam met verskillende musiekinstrumente. Ek sal liedere sing om die Here te eer. Ek sal vir Hom offers bring. Mense wat niks van my hou nie, sal kyk hoe ek my kop optel en die Here prys. |