Psalms 27:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want in die tyd van benoudheid steek Hy my weg in sy tent; in die skuilplek van sy tent verberg Hy my; Hy sal my op 'n rots laat staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want as gevaar dreig, sal Hy my wegsteek. Hy sal my in sy woning verberg. Hy sal my op ’n hoë rots laat staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots. |
| Afrikaans 1983 | Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, Hy steek my weg in sy skuiling op 'n dag van onheil; Hy verberg my in die beskutting van sy tent; Hy tel my hoog op 'n rots. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Hy sal my beskerm wanneer daar gevaar kom, Hy sal my veilig in sy tempel laat bly soos wanneer 'n mens hoog op 'n rots staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here beskerm my die dag as slegte dinge op my afkom; Hy bewaar my teen gevaar; Hy help my uit die moeilikheid. Hy laat my by Hom wegkruip. Nou kan ek weer my kop optel. Die Here maak my ’n wenner. |