Psalms 27:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek; dat ek al die dae van my lewe in die huis van die HERE kan woon, om die heerlikheid van die HERE te aanskou en in sy tempel te ondersoek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. |
| Afrikaans 1983 | Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef: om al die dae van my lewe in die huis van die Here te woon, om die lieflikhede van die Here te aanskou en daaroor na te dink in sy •tempel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een ding het ek vir die Here gevra en dit wil ek altyd hê: Ek wil my hele lewe lank in sy tempel wees om te sien dat Hy goed is vir my en om vir Hom te mag vra wat Hy wil hê ek moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag: dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees. Sy wonderlike nabyheid wil ek dag en nag beleef. Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is. Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid. |