Psalms 27:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al sou 'n leër teen my laer opslaan, my hart sal nie vrees nie; al sou oorlog teen my opkom, hierop sal ek vertrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al sou ’n magtige leër teen my optrek, ek sal nie bang wees nie. Al sou hulle my aanval in ’n geveg, selfs dán sal ek hoopvol bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek. |
| Afrikaans 1983 | Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al sou 'n leër teen my laer opslaan, sal my hart nie bang wees nie; al sou 'n oorlog teen my uitbreek, sal ek nogtans bly vertrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer soldate my van al die kante aanval, dan sal ek nie bang word nie. Wanneer vyande oorlog begin maak teen my, dan sal ek nog glo dat die Here my sal help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al staan ek alleen teen ’n hele leër soldate, sal ek geen bang haar op my kop hê nie. Ook al trek ’n hele weermag teen my op en val my aan, sal ek steeds op die Here vertrou. |