Psalms 27:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee my nie oor aan die wil van my vyande nie, want valse getuies het teen my opgestaan en mense wat wreedheid uitblaas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie my oorgee in die hande van my vyande nie. Hulle bring vals getuies teen my en hulle blaas geweld aan teen my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. |
| Afrikaans 1983 | Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor my en hulle blaas geweld teen my aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet my nie oorgee aan die begeerte van my teenstanders nie; want vals getuies het teen my opgestaan, en hulle blaas geweld aan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My vyande vertel leuens oor my, hulle wil hê ek moet sterf. U moenie dat hulle met my doen wat hulle so graag met my wil doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party vertel leuens oor my, terwyl ander my met geweld onderstebo wil loop. Moet my tog nie in hulle hand oorgee nie. |