Psalms 27:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) ('n Psalm van Dawid.) Die HERE is my lig en my heil; vir wie sal ek vrees? die HERE is die sterkte van my lewe; vir wie sal ek bang wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees? Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?
Afrikaans 1933/1953 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
Afrikaans 1983 Van Dawid. Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Dawid. Die Here is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van Dawid. Die Here laat my lewe, Hy help my, daarom is ek vir niemand bang nie. Die Here beskerm my lewe, daarom skrik ek vir niemand nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?