Psalms 26:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Psalm van Dawid.) Oordeel my, HERE; want ek het in my opregtheid gewandel; ook het ek op die HERE vertrou; daarom sal ek nie gly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat aan my reg geskied, Here, want ek was opreg in my doen en late. Ek het op die Here vertrou sonder om te twyfel. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want,k wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel. |
| Afrikaans 1983 | Van Dawid. Laat reg aan my geskied, Here, want ek is onskuldig. Ek het op die Here vertrou en nie getwyfel nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van Dawid. Handhaaf my reg, Here, want ek, ek gedra my onberispelik; ek vertrou op die Here, ek wankel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van Dawid. Here, U moet my oordeel en U moet sê dat ek nie verkeerd gedoen het nie, want ek het eerlik gelewe en ek het net in U geglo, ek het nooit opgehou glo nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê. Ek vertrou op U, Here. Ek twyfel nie ’n oomblik aan U nie. |