Psalms 25:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die sagmoediges sal Hy lei in die oordeel, en die sagmoediges sal Hy sy weg leer.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir dié wat beskeie is, sy pad leer.
Afrikaans 1933/1953 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
Afrikaans 1983 Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle sy pad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag Hy verdruktes lei in wat reg is; mag Hy hulle sy pad leer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy laat dit reg gaan met mense wat hulleself nie kan help nie wanneer ander mense hulle oordeel. Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie, Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat naby Hom leef, leer Hy om reg te leef.