Psalms 25:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink nie aan die sondes van my jeug en aan my oortredinge nie; dink aan my na U goedertierenheid om u goedertierenheid ontwil, o HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie dink aan die opstand en die sonde van my jeug nie; Here, dink eerder aan my met troue liefde, ter wille van u goedheid.
Afrikaans 1933/1953 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
Afrikaans 1983 Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie. Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan die sondes van my jeug en my oortredings moet U nie dink nie; dink aan my in u troue liefde, omdat U goed is, Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U moenie dink aan die sondes wat ek gedoen het toe ek jonk was nie, U moenie daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet aan my dink omdat U altyd doen wat U belowe het, omdat U goed is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moet my tog nie straf vir die verkeerde dinge wat ek gedoen het toe ek jonk was nie. Behandel my met liefde en deernis, Here, want U is vol goedheid.