Psalms 25:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, laat niemand wat op U wag, beskaamd staan nie; laat hulle beskaamd staan wat sonder oorsaak oortree. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand wat op U wag, word ooit beskaam nie, maar húlle word beskaam wat bedrieg sonder oorsaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. |
| Afrikaans 1983 | Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, niemand wat op U wag, sal beskaamd staan nie; maar hulle wat sonder rede ontrou is, sal beskaamd staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ook, ek bid dat mense wat in U glo, nie sal verloor nie. Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie, U moet húlle laat verloor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle wat op U hoop, sal nooit teleurgesteld wees nie. Maar hulle wat U nie dien nie, sal aan die kortste ent trek. |