Psalms 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is hierdie erekoning? Die HERE, sterk en sterk, die HERE, sterk in die stryd.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie is die roemryke Koning? Die Here, sterk en magtig, die Here, onoorwinlik in die stryd.
Afrikaans 1933/1953 Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
Afrikaans 1983 Wie is hierdie magtige Koning? Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is hierdie roemryke Koning? Die Here, magtig en heldhaftig, die Here, heldhaftig in die stryd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie is hierdie Koning van die konings? Dit is die Here wat sterk is en wat oorwin, die Here wat oorwin in oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie is hierdie magtige Koning? Dit is die Here. Hy is baie sterk. Niemand kan Hom wen nie. Hy is ’n Held.