Psalms 24:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat rein van hande en 'n rein hart het; wat sy siel nie opgehef het tot nietigheid en nie bedrieglik gesweer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net hulle wie se dade onskuldig, wie se denke sonder bybedoeling is; wat nie bedrog pleeg nie en nie ’n eed valslik aflê nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Afrikaans 1983 Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mens met skoon hande en 'n rein hart wat nie na nietigheid hunker en nie sweer by wat vals is nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie, die mens wat nie afgode dien nie en wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat nie verkeerde dinge doen nie en nog minder daaraan dink, is by die Here welkom; ja, iemand wat nie ander mense kul nie en wie se ja sy ja en wie se nee sy nee is.