Psalms 23:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, goedheid en goedertierenheid sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal vir ewig in die huis van die HERE woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe.
Afrikaans 1933/1953 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
Afrikaans 1983 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is goed vir my, en U doen wat U belowe het, U doen dit oral waar ek gaan, so lank soos ek lewe. Here, ek sal altyd weer terugkom na u tempel, ek sal dit my hele lewe lank doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U sal vir my goed wees en my liefhê so lank as wat ek lewe; ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan.