Psalms 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy verkwik my siel, Hy lei my op die spore van geregtigheid ter wille van sy Naam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. |
| Afrikaans 1983 | Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So gee die Here ook vir my nuwe krag, Hy leer vir my om reg te lewe, want ek behoort aan Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gee my die krag om elke dag reg te lewe. Soos ’n goeie gids lei Hy my elke dag om volgens sy wil te lewe. Almal in my lewe kan sien hoe belangrik God is. |