Psalms 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy laat my lê in groen weivelde; na waters wat stil is, lei Hy my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. |
| Afrikaans 1983 | Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Herder bring sy skape na goeie weiveld, hulle eet genoeg en hulle gaan lê. Hy bring hulle na die water, en daar gaan hulle lê en rus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gee vir my die heel beste van alles: kos, veiligheid en vrede. Omdat die Here by my is, bekommer ek my nie. Wanneer ek moedeloos word, laat Hy my die lewe weer anders sien. |