Psalms 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar ek is 'n wurm en niemand nie; 'n smaad van mense en verag deur die volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Tot U het hulle geroep, en hulle is verlos. Hulle het op U vertrou, en was nooit verleë nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
Afrikaans 1983 Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry; op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tot U het hulle om hulp geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en hulle het nie beskaamd gestaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het tot Ú geroep, net tot U, hulle het gevra dat U hulle moet help, en hulle het vry weggekom. Hulle het in Ú geglo, net in U, en U het hulle nie teleurgestel nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het tot U gebid. Toe bevry U hulle. Op U het hulle vertrou en U het hulle nie teleurgestel nie.