Psalms 22:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal kom en sy geregtigheid verkondig aan 'n volk wat gebore sal word, dat Hy dit gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor.
Afrikaans 1933/1953 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag. [ (Psalms 22:32) Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen. ]
Afrikaans 1983 Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Nageslag sal Hom dien; hulle sal van my Heer vertel aan die volgende geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat later sal lewe, sal Hom dien, die geslagte wat later sal lewe, sal van die Here hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense sal vir hulle kinders van die Here vertel. So sal die nageslagte van Hom weet. Hulle sal opgewonde wees om in Hom te glo.