Psalms 22:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Saad sal hom dien; dit sal aan die HERE gereken word vir 'n geslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. |
| Afrikaans 1983 | Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem en Hom as koning erken, ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, voor Hom sal almal wat oordadig leef, in aanbidding neerbuig; voor Hom sal alle sterflinge kniel, elkeen wat nie die lewe kan behou nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense sal voor Hom buig en hulle sal Hom dien, die mense wat meer as genoeg kos het om te eet, en die mense wat self te min kos het om te lewe, almal wat na die doderyk moet gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs ryk mense wat dink dat hulle Hom nie nodig het nie, sal kom en die goeie dinge geniet wat Hy gee. Hulle sal kom om Hom te dien en te eer. Alle mense sal voor Hom kniel. |