Psalms 22:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy is die goewerneur onder die nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. |
| Afrikaans 1983 | Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer. Alle volke sal Hom as koning erken, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Almal tot aan die uithoeke van die aarde moet daaraan dink en hulle tot die Here bekeer. Al die familiegroepe van die nasies moet voor U in aanbidding buig; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense sal onthou dat die Here daar is, hulle sal van oral op die aarde na Hom toe kom, al die volke sal voor Hom kom buig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tot op die verste plek op aarde sal mense sien hoe goed die Here is. Hulle sal hulle lewe vir Hom gee. Mense wat Hom nie geken het nie, sal Hom dien. Oud en jonk sal na Hom toe kom. Hulle sal voor Hom buig. |