Psalms 22:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die eindes van die wêreld sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor jou aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd.
Afrikaans 1933/1953 Die ootmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
Afrikaans 1983 By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verdruktes kan dan eet en versadig word; wie Hom raadpleeg, kan die Here loof. Mag julle harte vir altyd leef!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat hulleself nie kan help nie, sal genoeg kos kry om te eet. Julle wat vra wat die Here wil hê, julle sal Hom prys. Ek bid dat dit altyd goed sal gaan met julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir mense wat die Here dien, sal Hy baie goed wees. Hulle sal al die goeie dinge geniet wat Hy vir hulle gee. Mense wat sy hulp vra, sal Hom kom prys. Ek wens dat julle lewe van blydskap sal oorloop. Dan sal julle voluit leef en elke dag geniet, en lank lewe.