Psalms 22:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die sagmoediges sal eet en versadig word; hulle sal die HERE loof wat Hom soek; jou hart sal vir ewig lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees. |
| Afrikaans 1983 | My loflied in die volle vergadering kom van Hom af, my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U is die rede vir my lofprysing in 'n groot byeenkoms; my geloftes sal ek nakom in die teenwoordigheid van dié wat vir Hom ontsag het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U laat my 'n lied sing om U te prys daar waar die groot gemeente bymekaar is. Ek sal doen wat ek belowe het, die mense wat Hom dien, sal dit sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar waar baie mense bymekaarkom, sal ek ’n loflied oor die Here sing. Almal moet dit hoor. Wat ek aan Hom belowe het, sal ek nakom. Ek sal dit doen voor almal wat Hom dien. |