Psalms 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My lof sal van U wees in die groot vergadering: Ek sal my geloftes betaal voor die wat Hom vrees.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp.
Afrikaans 1933/1953 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe die Hom aangeroep het om hulp.
Afrikaans 1983 Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Hy het die lyding van die magtelose nie geminag of misken nie; Hy het sy gesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy Hom om hulp gesmeek het, het Hy gehoor.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n mens swaarkry, 'n mens wat homself nie kan red nie, dan het die Here nie gemaak of dit nie belangrik is nie. Hy het nie sy gesig weggedraai van so 'n mens nie, Hy het gehoor toe ek geroep het en gevra het dat Hy my moet help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom prys Hom, want Hy draai nie sy rug vir hulle wat sy hulp nodig het nie. Hy help hulle as hulle smeek dat Hy iets aan hulle nood moet doen. Hy luister as hulle na Hom roep.