Psalms 22:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy het die ellende van die ellendiges nie verag of verafsku nie; en hy het sy aangesig nie vir hom verberg nie; maar toe hy na hom roep, het hy gehoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Prys die Here, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Julle wat die Here dien, prys Hom! Vereer Hom, nageslag van Jakob! Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Julle wat vir die Here ontsag het, loof Hom! Julle, die ganse nageslag van Jakob, vereer Hom! Vrees Hom, ganse nageslag van Israel! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die Here prys, julle almal wat Hom dien, die nageslag van Jakob moet Hom eer, die hele nageslag van Israel moet bang wees vir Hom en moet Hom dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat aan Hom behoort, kom bring eer aan Hom! Kinders van die Here, kom wys dat julle vir Hom respek het! |