Psalms 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O my God, ek roep bedags, maar U hoor nie; en in die nag, en ek swyg nie.
Afrikaans (NLV) 2011 My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug?
Afrikaans 1933/1953 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
Afrikaans 1983 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom is U ver daarvan om my te verlos, ver van die woorde wat ek uitskreeu?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My God, my God, hoekom het U my gelos? Ek roep en vra dat U my moet help, ek kla en sug, maar U bly ver weg van my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My God, my God, waarom los U my heeltemal alleen? U help my nie. Ek skree totdat ek blou word, maar U is weg.