Psalms 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want honde het my omsingel, die menigte van die goddeloses het my omring; hulle het my hande en my voete deurboor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My krag het opgedroog soos ’n potskerf. My tong kleef aan my verhemelte. U laat my vir dood in die stof lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. |
| Afrikaans 1983 | Ek is so min werd soos 'n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte, U laat lê my asof ek dood is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My krag het uitgedroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; in die stof van die dood laat U my lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit voel of ek niks meer kan doen nie, ek is soos 'n droë, stukkende kleipot, ek is so dors dat my tong vassit bo-in my mond. Dit voel of ek dood is en of U my op die grond laat lê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, ek is so min werd soos ’n leë blik op ’n ashoop. My tong is so dik dat ek nie kan praat nie. En dan los U my ook nog alleen asof ek klaar dood is. |