Psalms 22:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My krag het opgedroog soos 'n potskerf; en my tong kleef aan my kakebeen; en U het my in die stof van die dood gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar. My hart is soos was wat in my wegsmelt. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. |
| Afrikaans 1983 | Ek is soos uitgestorte water, al my bene het uitmekaar geval, my hart het soos was geword, dit smelt weg in my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos water is ek uitgestort, my hele gebeente val uitmekaar; my hart het geword soos was, dit het in my liggaam gesmelt. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit voel of ek soos water uitgegooi is, my bene lê oral rond, my hart is soos byewas wat binne-in my smelt. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek voel soos water wat iemand op die grond uitgooi. Dit verdwyn in die sand. Ek het soos ’n riet gebewe. Alles in my val uitmekaar. Ek is swak en moedeloos. Daarom beteken ek minder as niks. |