Psalms 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is uitgestort soos water, en al my gebeente is uit gewrig; my hart is soos was; dit is gesmelt in die middel van my ingewande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos brullende leeus wat uitmekaar wil skeur, met oopgesperde bekke storm hulle op my af. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul. |
| Afrikaans 1983 | Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hulle monde teen my oopgesper soos 'n leeu wat verskeur en brul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | hulle is soos leeus wat hulle bekke groot oopmaak om te brul en om my dood te byt. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy sien net oop monde en skerp tande wat op jou afkom. Daardie mense is soos leeus wat bloed geruik het. Hulle wil my uitmekaarskeur. Ek het geen krag meer oor nie. |