Psalms 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees nie ver van my af nie; want moeilikheid is naby; want daar is niemand om te help nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. |
| Afrikaans 1983 | Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het vir my gesorg vandat ek gebore is, U is my God vandat ek klein was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Reeds van die begin van my lewe af behoort ek aan U. U is my God van my geboorte af. U sorg vir my. |