Psalms 22:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is op U gewerp van die moederskoot af; U is my God van my moeder se maag af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. |
| Afrikaans 1983 | U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U is immers die Een wat my uit die baarmoeder gehaal het, my op die borste van my moeder laat vertrou het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Here, dit is Ú wat by my was toe ek gebore is, U het my veilig laat rus teen my ma se bors. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U gee al lankal vir my om, van my geboorte af. Ek was doodtevrede en gelukkig toe my ma my aan haar bors laat drink het. |