Psalms 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U hand sal al u vyande uitvind; u regterhand sal die wat u haat, uitvind.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die koning vertrou op die Here. Die trou van die Allerhoogste sal hom van struikeling bewaar.
Afrikaans 1933/1953 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
Afrikaans 1983 Die koning vertrou op die Here en deur die trou van die Allerhoogste struikel hy nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat die koning vertrou op die Here, op die troue liefde van die Allerhoogste, sal hy nie wankel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning weet dat die Here doen wat Hy sê, die koning is veilig, want die Hoogste God doen wat Hy belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning vertrou die Here heeltemal. Omdat die Allerhoogste getrou is, loop niks vir hom verkeerd nie.