Psalms 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy heerlikheid is groot in u verlossing; eer en majesteit het U op hom gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Lewe het hy van U gevra, en U het dit gegee — ’n lang lewe wat steeds voortduur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd. |
| Afrikaans 1983 | Lewe het hy van U gevra; U het hom dit gegee — 'n lang, lang lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Lewe het hy van U gevra en U het dit aan hom gegee, 'n lang leeftyd, vir altyd en ewig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het lewe gevra, en U het dit vir hom gegee, U het vir hom 'n baie lang lewe gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy wou lank saam met U leef - U het dit vir hom gegee - vir baie, baie lank. |