Psalms 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want U keer hom met die seëninge van goedheid; U sit 'n kroon van suiwer goud op sy hoof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het hom sy hartsbegeerte gegee; niks wat hy gevra het, het U geweier nie. Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela. |
| Afrikaans 1983 | Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat sy hart begeer, het U vir hom gegee en wat sy lippe verlang, het U hom nie geweier nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het vir hom gegee wat hy wou hê, U het nie vir hom nee gesê nie. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het na sy gebed geluister en vir hom gegee wat hy graag wou hê. |