Psalms 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het kwaad teen jou bedoel: hulle het 'n onheilspellende plan voorgestel wat hulle nie kan uitvoer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U sal hulle kinders van die aarde af uitwis, hulle nageslag uit die mensheid verwyder. |
| Afrikaans 1933/1953 | U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg. |
| Afrikaans 1983 | U sal hulle kinders van die aarde af verdelg en die mensheid verlos van hulle nageslag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle vrug sal u uit die land laat verdwyn en hulle nageslag onder die mense. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy sal hulle en hulle kinders laat verdwyn van die aarde, hulle sal nie 'n nageslag hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense sal nie eens meer van hulle of hulle kinders weet nie. Hulle nageslag sal nie bestaan nie. |