Psalms 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle vrugte sal U van die aarde af uitroei, en hulle nageslag onder die mensekinders uit.
Afrikaans (NLV) 2011 U sal hulle vernietig soos in ’n oond die oomblik wanneer U verskyn. Die Here sal hulle in sy toorn verslind, soos vuur sal Hy hulle verteer.
Afrikaans 1933/1953 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
Afrikaans 1983 Wanneer U verskyn, Here, sal U hulle verteer soos in 'n oond. In u toorn sal U hulle vernietig, en die vuur sal hulle verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U maak van hulle 'n vurige oond wanneer u verskyn. Die Here sal hulle in sy toorn verslind en vuur sal hulle verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy by hulle kom, dan sal jy hulle doodmaak, dit sal wees soos wanneer iets in 'n vuur brand. Die Here is kwaad, dit is soos 'n vuur wat brand, Hy sal hulle laat sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ’n vuur wat alles voor hom wegbrand, so sal die Here sy vyande uitwis. Die Here sal hulle van die aarde afvee omdat Hy vir hulle kwaad is.