Psalms 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar ons sal aan die Naam van die HERE onse God dink.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou weet ek: die Here red sy gesalfde koning. Vanuit sy heilige hemel verhoor Hy hom en red hom deur sy groot mag.
Afrikaans 1933/1953 Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
Afrikaans 1983 Dit weet ek: die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee! Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed; die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy •heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy •regterhand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou weet ek dat die Here sy gesalfde help, die Here antwoord hom uit sy heilige hemel, Hy gee vir hom die krag om sy oorloë te wen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een ding weet ek nou. Die Here sal die persoon wat Hy koning maak, ook ’n oorwinnaar maak. Hy sal sy gebede beantwoord vanuit sy woonplek. Omdat die Here so sterk is, sal die Here hom altyd laat wen.