Psalms 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; uit sy heilige hemel sal hy hom verhoor met die reddende krag van sy regterhand.
Afrikaans (NLV) 2011 Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die Here al jou gebede verhoor.
Afrikaans 1933/1953 Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
Afrikaans 1983 Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons wil juig oor u verlossing, in die Naam van ons God die vaandel hoog hou. Mag die Here aan al u versoeke voldoen!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal ons juig omdat jy jou oorloë wen en ons sal vlae swaai en die Here prys. Ons bid dat die Here vir jou alles sal gee wat jy vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons sal vrolik en bly wees as jy wen. Ons sal vir almal sê en wys wie die Here regtig is. Ja, mag die Here vir jou gee wat jy graag wil hê.