Psalms 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vrees van die HERE is rein, dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is tesame waaragtig en regverdig.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here se bevele is reg, dit bring vreugde vir die hart. Die opdragte van die Here is duidelik; dit gee insig vir die lewe.
Afrikaans 1933/1953 Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Afrikaans 1983 Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opdragte van die Here is reg, dit maak die hart bly; die gebod van die Here is suiwer, dit verhelder die oë.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wat die Here beveel, is reg, dit maak 'n mens bly. Wat die Here sê 'n mens moet doen, is regverdig, dit laat 'n mens weet hoe hy moet lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here se opdragte is baie duidelik. Dit leer jou watter pad die regte een is. En dit maak jou bly as jy op die regte pad loop. As jy die Here dien, bly verkeerde dinge ver van jou af weg. Wat die Here sê, laat jou gesig skitter.