Psalms 19:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy uitgang is van die einde van die hemel en sy kring tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir die hitte daarvan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos ’n bruidegom verskyn hy uit sy kamer, soos ’n held op die baan, ywerig om weg te spring.
Afrikaans 1933/1953 en die is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop.
Afrikaans 1983 As hy stralend begin om sy baan te volg, is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die son is soos 'n bruidegom wat by sy slaapkamer uitgaan – vol vreugde, soos 'n held wat op die pad hardloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en wanneer die son opkom en soos 'n soldaat vrolik op sy pad begin loop, dan is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die son soos ’n lig daarin opgehang om helder te skyn. Wanneer die son in die môre helder opkom, lyk hy soos ’n gelukkige bruidegom wat na die eerste nag by sy bruid met ’n glimlag by die huis uitstap. Sy gesig straal. Die son is so sterk en dapper soos ’n oorlogsheld wat sy taak vir die dag vol moed aanpak.