Psalms 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat is soos 'n bruidegom wat uit sy kamer uitkom en bly is soos 'n sterk man om 'n wedloop te hardloop.
Afrikaans (NLV) 2011 hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld, hulle woorde tot die uiterste van die aarde. Die son se woonplek is in die hemel, waar God dit geplaas het.
Afrikaans 1933/1953 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
Afrikaans 1983 Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) gaan hulle boodskap uit oor die hele aarde en hulle woorde tot aan die einde van die wêreld. Vir die son het Hy 'n tent opgeslaan in die hemel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar oral weet die mense wat die hemel sê, mense van die hele wêreld verstaan hierdie taal. God het vir die son 'n plek gegee in die lug,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is nie ’n millimeter van die hemel of die aarde wat nie vertel hoe groot God is nie. Alles wat Hy gemaak het, ja alles, tot by die verste plekke wat ons kan sien, is vol van sy eer. As jy opkyk na die hemel, lyk dit of die Here ’n blou tent opgeslaan het.