Psalms 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle lyn gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot aan die voleinding van die wêreld. Daarin het Hy 'n tabernakel vir die son opgerig,
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem;
Afrikaans 1933/1953 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem.
Afrikaans 1983 Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alhoewel daar geen spraak en geen woorde is nie en hulle stem nie hoorbaar is nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand hoor dat die hemel praat nie, hy praat nie 'n taal en woorde nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy hoor geen geluid nie; hulle praat nie met mensewoorde nie. Hulle boodskap word versprei sonder klanke.